Privaatheidsentrum

  • Privaatheidsentrum-tuisblad
  • Soek
  • Privaatheidsonderwerpe
  • Meer privaatheidshulpbronne
  • Privaatheidsbeleid
  • Ander beleide en artikels
  • Instellings

Webkoekiesbeleid

Wat is webkoekies, en wat dek hierdie beleid?
Tree in werking op 12 Desember 2023 | Bekyk drukbare weergawe | Sien vorige weergawes
Webkoekies is klein stukkies teks wat gebruik word om inligting op webblaaiers te stoor. Webkoekies word gebruik om identifiseerders en ander inligting op rekenaars, fone en ander toestelle te berg en te ontvang. Ander tegnologieë, insluitend data wat ons op jou webblaaier of toestel berg, identifiseerders wat met jou toestel en ander sagteware verband hou, word vir soortgelyke doeleindes gebruik. In hierdie beleid verwys ons na al hierdie tegnologieë as “webkoekies”.
Ons gebruik webkoekies as jy ‘n Facebook of Instagram-rekening het, Meta-produkte gebruik, insluitend ons webwerf en toepassings, of ander webwerwe en toepassings besoek wat Meta-produkte (insluitend die Hou-van-knoppie) gebruik. Webkoekies stel Meta in staat om die Meta-produkte aan jou te bied en die inligting wat ons oor jou ontvang, te verstaan, insluitend inligting oor hoe jy ander webwerwe en toepassings gebruik, of jy nou geregistreerd of aangemeld is of nie.
Hierdie beleid verduidelik hoe ons webkoekies gebruik en die keuses wat jy het. Behalwe waar anders gestipuleer is in hierdie beleid, sal die privaatheidsbeleid van toepassing wees op ons verwerking van die data wat ons via webkoekies insamel.
Waarom gebruik ons webkoekies?
Webkoekies help ons om die Meta-produkte te verskaf, te beskerm en te verbeter, soos om inhoud te verpersoonlik, advertensies te pasmaak en te meet, en ’n veiliger ervaring te verskaf. Die webkoekies wat ons gebruik sluit sessiewebkoekies in, wat uitgevee word wanneer jy jou blaaier toemaak, en blywende webkoekies, wat op jou blaaier bly totdat hulle verval of jy hulle uitvee. Die webkoekies wat ons gebruik en hoe ons dit gebruik kan met verloop van tyd verander soos wat ons verbeteringe en opdaterings aan die Meta-produkte maak, en ons gebruik hulle gewoonlik vir die volgende doeleindes:
Verifikasie

Sekuriteit-, werk- en produkintegriteit

Reklame, aanbevelings, insigte en maatstawwe

Webwerfkenmerke en -dienste

Werksverrigting

Ontledings en navorsing

Derdeparty-webwerwe en -toepassings
Waar gebruik ons webkoekies?
Ons kan dalk webkoekies op jou rekenaar of toestel plaas, en inligting ontvang wat in webkoekies geberg word, wanneer jy die volgende gebruik of besoek:
  • Die Meta-produkte;
  • Produkte wat verskaf word deur ander lede van die Meta-maatskappye; en
  • Webwerwe en toepassings wat verskaf word deur ander maatskappye wat Meta-produkte gebruik, insluitend maatskappye wat Meta-tegnologieë in hul webwerwe en toepassings inkorporeer. Meta gebruik webkoekies en ontvang inligting wanneer jy daardie webwerwe en toepassings besoek, insluitend toestelinligting en inligting oor jou aktiwiteit, sonder enige verdere optrede deur jou. Dit gebeur ongeag of jy ’n Facebook of Instagram-rekening het of aangemeld is, of nie.
Gebruik ander Maatskappye webkoekies in verband met die Meta-produkte?
Ja, ander maatskappye gebruik webkoekies op die Meta-produkte om reklame-, maatstaf-, bemarking- en ontledingsdienste aan ons te verskaf, en om sekere kenmerke te verskaf en ons dienste vir jou te verbeter.
Byvoorbeeld, ander maatskappye se webkoekies help om advertensies weg van Meta-produkte te pasmaak, hul werksverrigting en effektiwiteit te meet en om bemarking en ontleding te ondersteun. Sekere kenmerke op die Meta-produkte gebruik webkoekies van ander maatskappye om te funksioneer, byvoorbeeld sekere kaarte, betaling en sekuriteitskenmerke. Kom meer te wete oor die maatskappye wat webkoekies op Meta-produkte gebruik.
Derdeparty-maatskappye gebruik ook webkoekies op hulle eie webwerwe en toepassings in verband met Meta-produkte. Om te verstaan hoe ander maatskappye webkoekies gebruik, gaan asseblief hul beleide na.
Hoe kan jy jou Inligting beheer?
Ons gebruik webkoekies om inhoud en dienste te help verpersoonlik en verbeter, om ’n veiliger ervaring te bied en om vir jou nuttige en relevante advertensies op en weg van Meta-produkte te wys. Jy kan die nutsmiddels wat hieronder beskryf word, gebruik om te beheer hoe ons data gebruik om advertensies en meer aan jou te wys.
As jy ’n Facebook-rekening het

As jy ‘n Instagram-rekening het

Almal

Meer inligting oor aanlynreklame

Blaaierwebkoekiekontroles